Twee polisiebeamptes aangekla weens transitorooftog

Loading player...
Twee polisiebeamptes wat gister in die Vaalbank-landdroshof verskyn het op aanklagte wat verband hou met ‘n transitorooftog, bly in aanhouding tot hulle op 27 Februarie saam met nog ‘n beskuldigde, wat in die Witbank-tronk is, in die hof sal verskyn. Volgens die Valke in Mpumalanga is Zachariah Magopa sedertien uit die polisiediens ontslaan, maar George Phaahla is by sy werksplek, die Vaalbank-polisiestasie, gearresteer. Hulle het na bewering die vuurwapens verskaf waarmee ‘n G4S gepantserde voertuig in Februarie 2021 in die Senotlelo-area van 5-komma-8-miljoen-Rand beroof is. Die saak is tevore van die hofrol geskrap weens ‘n uitstaande forensiese verslag. KLANK:
19 Dec 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min