Meer as 530 mense vir dronkbestuur in Mpumalanga gearresteer

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga het sedert 1 Desember meer as 530 mense gearresteer wat vermoedelik dronk bestuur het. Verkeersbeamptes het gedurende die vakansie meer as 105-duisend voertuie voorgekeer en 18-duisend-235 dagvaardings is uitgereik vir verskeie oortredings. Die woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê hierdie arrestasies het bygedra tot die vermindering van noodlottige ongelukke. Hy het 'n beroep gedoen vir verantwoordelike vierings en versoek samewerking met wetstoepassers.
31 Dec 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min