Meer as 530 mense vir dronkbestuur in Mpumalanga gearresteer

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga het sedert 1 Desember meer as 530 mense gearresteer wat vermoedelik dronk bestuur het. Verkeersbeamptes het gedurende die vakansie meer as 105-duisend voertuie voorgekeer en 18-duisend-235 dagvaardings is uitgereik vir verskeie oortredings. Die woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê hierdie arrestasies het bygedra tot die vermindering van noodlottige ongelukke. Hy het 'n beroep gedoen vir verantwoordelike vierings en versoek samewerking met wetstoepassers.
31 Dec 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

PSA: Vakbond vergader oor uitdagings

Staatsdienswerkers in Mpumalanga ervaar uitermatige uitdagings by hul werksplekke, sê Flip van der Walt van die PSA gesels met Kies Koers. Dit na Mbombela verlede week kragtoevoer na gebou afgesny het weens wanbetaling en voortdurende uitdagings by die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela.
12 Feb 7AM 12 min

'Nuwe' CEO vir KLCBT

Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) is uiteindelik formeel for uitvoerende beampte bevorder.
12 Feb 2AM 8 min

Beleef die LDV T60

Sonop Ontbyt se Neels Kemp bestuur die afgelope twee weke die LDV T60 van SAIC Motors en dit was 'n ongelooflike ervaring. Hy gesels daaroor met Martin Hodgkinson van Nel Auto.
7 Feb 3AM 19 min

GRIP veg om deure oop te hou met verlies aan Pepfar-fondse

Die Greater Rape Intervention Programme (GRIP) is een van die vele plaaslike organisasies wat baie negatief geraak ord deur die bevriesing van befondsing van die VSA president se noodplan vir Vigs-verligting (PEPFAR) wat geïmplementeer word deur die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkelingprogram (USAID). Tarryn Lokotsch van GRIP gesels met Kies…
3 Feb 8AM 10 min