Wat hou 2025 vir jou in?

Loading player...
Wanneer 'n nuwe jaar aanbreek wonder ons dikwels - wat sou hierdie jaar inhou!? Dit is wanneer ons nooit moet vergeet dat ons Hemelse Vader reeds weet... Ter wille van ons Vader se "WEET", draai ons in hierdie aanbieding na Hom toe om raad te gee vir 2025. Behalwe dat daar baie voorlesings uit die Skrif aangebied word, nooi ons jou ook om te luister na "Woord" wat ons Vader met ons wil deel deur Mariaan Peake, Hugo van Niekerk en ook Segun Olanipekun. Kosbaar hoe die drie persone wat "woord" vir 2025 kom deel, elk kom met 'n eie invalshoek. Kom ons luister, leer en gaan pas dan toe! Vrede vir jou vir 2025
3 Jan Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf Steeds Dieper - 7 Feb 2025

Vandag se program word geopen met die kosbare Godsman Hugo van Niekerk. Hy leer ons in hierdie bydrae oor die verhouding tussen man en vrou. Hoe staan ons voor ons Vader-God teenoor mekaar? Daarna kom Jamie en Lea Peters aan die beurt, twee mense uit die VSA wat reeds jare…
7 Feb 1 hr 33 min

Delf Steeds Dieper - 31 Jan 2025

Este se seun Coert, sy vrou Ilze en hulle kinders het gedurende die Julie skoolvakansie, in Jerusalem gaan kuier. Hulle was vir ‘n week by Martie Nel in Beit Chay. Coert, sy vrou Ilze en hulle drie kinders, Amelie, Marcel en Beth vertel van hulle belewenis in Israel. Daarna gesels…
31 Jan 1 hr 30 min

Delf Steeds Dieper - 24 Jan 2025

Arno van Niekerk open hierdie program met ‘n bemoedigende Woord vir ons mense van Suid Afrika. Ons leef in tye waar ons waarlik op die regte dinge moet fokus en ons saak met ons Maker op vaste fondamente moet bou. Dr Eunice van der Merwe is die tweede gas in…
24 Jan 1 hr 31 min

Delf Steeds Dieper - 17 Jan 2025

In Matt. 4:10 praat ons Messias met satan as Hy vir hom sê: "Gaan weg, satan! Want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien." Maar wat beteken dit regtig en wat behels dit om die Lewende God te aanbid? Hierdie vraag en veral…
17 Jan 1 hr 29 min

Die belangrikheid van doelwitte stel en fokus op God

Elsa van Wyk en haar man woon tans in Vryburg in Noord-Wes. Oor die afgelope jare het ons Vader haar opgerig om nie net vir haarself nie, maar ook ter wille van ander, fokus op Hom te plaas. Sy gesels oor die belangrikheid daarvan om vir jouself doelwitte te stel…
10 Jan 1 hr 30 min