Vermeende stroper na vermoede deur seekoei gedood in Krugerwildtuin

Loading player...
Die bestuur van die Krugerwildtuin het die ontdekking bevestig van die lyk, vermoedelik dié van 'n stroper, wat in 'n toeristepad in die Pretoriuskop-gedeelte agtergelaat is. Volgens die woordvoerder, Ike Phaahla, blyk dit dat daar drie individue was wat die park snags onwettig binnegekom het met die doel om misdaad te pleeg. Hulle is deur 'n seekoei aangeval en een verdagte het noodlottige beserings opgedoen. Die ander twee moes die lyk na 'n nabygeleë pad gedra het waar hulle dit gelos het. Die lyk is vanoggend deur 'n toeris opgemerk. Die polisie ondersoek die saak.
20 Jan 2025 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min