DA kla oor onvoldoende ondersteuning aan dowe matrieks

Loading player...
Die DA in Mpumalanga sal dringend aan die LUR van Onderwys, Cathy Dlamini, skryf en haar vra om skole wat voorsiening maak vir leerders met spesiale behoeftes te prioritiseer. Dit nadat dit aan die lig gekom het dat al 15 dowe leerders wat hul matriekeksamen in 2024 by Bukhosibetfu Koshuis geskryf het, nie geslaag het nie. Volgens DA-LPW, Annerie Weber, het hulle onvoldoende toegang tot gekwalifiseerde onderwysers gehad om hulle te help voorberei.
21 Jan 2025 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min