Operasie uitgevoer om veediefstal te teiken

Loading player...
Die Mpumalanga-polisie het gister tydens 'n spesiale operasie in Vaalbank naby Mmametlhake op sewe vermoedelik gesteelde beeste beslag gelê. Niemand is vir die beweerde veediefstal in hegtenis geneem nie, maar ’n ondersoek is aan die gang. Tydens dieselfde operasie vroeër die dag is 'n 31-jarige man by Siyabuswa gearresteer vir die besit van vermeende metamfetamien en 'n onbekende bedrag kontant. Hy is in aanhouding en sal binnekort in die hof verskyn. Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het gesê die operasie bewys dat die polisie klagtes deur vee-eienaars ernstig opneem en hy het onderneem dat sulke operasies voort sal gaan. Die polisiewoordvoerder, Brigadier Donald Mdhluli:
23 Jan 2025 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min