Episode 36 | ‘Ons is verslaaf aan besig wees’ - Ronell Bezuidenhout

Loading player...
Agt jaar terug het die skrywer dr Ronell Bezuidenhout die besige lewe van ’n stadspredikant agtergelaat. Met demissiestatus onder die arm het sy na haar ouers op Groot Brakrivier se strandhuis gekom vir wat sy gehoop het is ’n sabbatsjaar. Een met tyd vir skryf en skilder.

Toe verloop dinge anders …

Haar bejaarde ouers het haar sorg nodig gehad. Sy het besef sy sal moet maniere vind vir ’n volhoubare inkomste. Vandag is sy onder meer ’n deeltydse Lutherse pastor, retraiteleier en hou ’n suksesvolle aanlynbediening aan die gang wat maandeliks tot 40 000 mense bereik.

In kort, haar program is net so besig as wat dit in Johannesburg was. Dit het haar laat besef dit is nie die plek waar ons bly wat ons lewe besig maak nie, dit het te doen met ons menswees. “Ons is verslaaf aan besig wees,” sê sy in ons Kollig-gesprek vir Januarie. Aan die hand van haar boek, Woestynwysheid: Antieke riglyne vir toekomsgerigte mense praat ons oor die moderne mens se behoefte aan stilte, afsondering en eenvoud.

Die boek is onlangs herdruk deur CLF.

Geniet jy om na Kollig te luister? Jy kan hierdie projek se volhoubaarheid ondersteun deur 'n Vriend van Kerkbode te word. Vir hoe, klik net op die webskakel.
24 Jan Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 34 | ‘My eie ma het my nie herken nie … ’ - Johnny Davids

Toe Johnny Davids as jong man sy ma en ouma gaan op soek het op die Kaapse Vlakte na hy jare tevore as seuntjie van daar af weggeloop het, het sy ma hom nie herken nie. “Dit het baie seer gemaak,” vertel dié Kwêla-programaanbieder, SuperSport-omroeper en gospelsanger wat vir die…
30 Nov 2024 13 min