
Lewenslank vir man wat sy ouma vermoor
Loading player...
Jay Peters (27) is deur die Nelspruit-streekhof lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op sy ouma, Susanna Kilmister (68). Dit volg op Peters sy skulderkenning op die moord wat op 28 Februarie 2022 op Cromdale buite Mbombela gepleeg is, waar hy by sy ouma gewoon het. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het 'n hewige rusie tussen Peters en sy ouma tot 'n gewelddadige aanranding geëskaleer wat tot haar dood gelei het. Peters is dieselfde dag in hegtenis geneem en is in aanhouding sedert hy sy borgtogaansoek laat vaar het.