’n Sterk fondament in tye van onsekerheid

Loading player...
Arno van Niekerk open hierdie program met ‘n bemoedigende Woord vir ons mense van Suid Afrika. Ons leef in tye waar ons waarlik op die regte dinge moet fokus en ons saak met ons Maker op vaste fondamente moet bou. Dr Eunice van der Merwe is die tweede gas in hierdie program. Ons ken haar as ‘n dame wat ‘n intense studie maak van salwing en veral ook die olies wat gebruik word vir salwing. Eunice bied ook weer ‘n kursus aan waarin sy ons leer oor die wonder-gawe van salwing.
Daarna neem Elizabeth Jordaan ons verder op die roete van Andrew Murray. Wat ‘n merkwaardige man van wie ons so baie leer. Dat hy selfs die gebruik van sy stem moes verloor om intense waarhede te snap en ook vir ons te leer!
Luister gerus en leer!
24 Jan Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Piet Smit het diep spore getrap in Gospel Musiek in SA

Piet Smit het diep spore getrap in Gospel Musiek in SA. Heerlik om met hom te gesels oor wat hy geleer het, wat hy beleef het en dit waarvoor hy ons Vader innig dankbaar is!! Elizabeth Jordaan se vertelling van die lewe en invloed wat Andrew Murray in SA gehad…
14 Mar 1 hr 29 min

Delf Steeds Dieper - 7 Mrt 2025

Izak Coetzee is werklik terug in die ateljee!! Die gesprek wat ons verlede week aangevoer het, was net mooi op dreef toe ons tyd verstreke was. Kom kuier gerus weer saam met hierdie kosbare man. Izak verstaan “Aanbidding” van die Vader. Kuier saam. Luister saam en leer!!! Elizabeth Jordaan is…
7 Mar 1 hr 31 min

Delf Steeds Dieper - 28 Feb 2025

Vandag is Izak Coetzee terug in die ateljee!! Hierdie kosbare mens verstaan aanbidding van ons Vader soos min ander mense. Dit waaroor hy in hierdie gesprek sy wysheid deel – die GENADE van ons Hemelse Vader. Kom buig diep saam met ons voor ons Vader. Luister en leer. Elizabeth Jordaan…
28 Feb 1 hr 25 min

Delf Steeds Dieper - 21 Feb 2025

In hierdie aanbieding van Delf Steeds Dieper, is Este se eerste gas Dr Derheta du Raan, ‘n dame wat baie diep en besonder ver delf na WAARHEID. Om na haar te luister is om aangemoedig te word om dieper te dink oor dinge wat ons gedink het ons verstaan, maar…
21 Feb 1 hr 27 min

Delf Steeds Dieper - 14 Feb 2025

Arno van Niekerk open die program met 'n bemoedigende woord om die volk op te roep tot fokus op ons Vader. Careen Visagie, 'n dieetkundige, gee graag raad oor gesonde eetgewoontes. Kom ons eet onsself gesond! Elizabeth Jordaan neem ons verder op die kosbare lewenspad van Andrew Murray.
14 Feb 1 hr 30 min