Skok oor R25m vir geskorste amptenare

Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê hy vind dit uiters kommerwekkend dat die provinsiale regering se besteding aan die voorsorg skorsing van amptenare in agt jaar van R3 miljoen tot R25 miljoen in 2023/24 gestyg het. Volgens Bosman Grobler was die besteding deur sewe staatsdepartemente aan 45 amptenare wat op voorsorg geskors is en vir meer as die voorgeskrewe 60 dae nie werk nie. In sommige gevalle is amptenare vir langer as 'n jaar geskors.
27 Jan 2025 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min