SANParke bepleit kalmte na olifant toeris vertrap

Loading player...
SANParke vra die publiek om op te hou spekuleer oor die omstandighede rondom die dood Saterdag van ‘n besoeker aan die Krugerwildtuin. Die 59-jarige Shaik Adam Shabir Ammed is deur ‘n olifant vertrap toe hy saam met sy kleinkinders by Malelane-hek foto’s geneem het. Volgens Ike Phaahla, die woordvoerder van die wildtuin, dui ooggetuienis daarop dat twee van Ammed se kleinkinders die bosse ingehardloop het, die olifant hulle bestorm het, en dat hul oupa hulle probeer beskerm het. Phaahla sê die spesifieke dier kon in die gevolglike harwar nie geïdentifiseer word nie. Die polisie is besig met ‘n nadoodse ondersoek.
28 Jan 2025 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min