Twee verdagtes aangekeer na 51 Putco busse in Mpumalanga brand

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga het gisteraand twee verdagtes aangekeer in verband met die brandstigting Maandagaand van 51 Putco busse in die Nkangala-distrik. Volgens die polisie het ‘n groep gewapende aanvallers in drie voertuie Putco-werknemers by verskeie depots aangehou. Van hulle is aangerand. Een sekerheidswag is in die been geskiet en gewond. Een van die verdagtes was glo in besit gevind van een van die slagoffers se selfone sowel as ‘n magasyn vir ‘n 9mm pistool.. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Donald Mdhluli:
29 Jan 2025 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min