Transnet sekertheidswag gevonnis vir kabeldiefstal

Loading player...
Die Ermelo-streekhof het Goodwill Zwelethini Dlamini (39) tot 15 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur wat aan Transnet behoort en vir die diefstal van yster- en nie-ysterhoudende metaal. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, was Dlamini aangestel as veiligheidsbeampte by Isidingo Sekuriteit, wat aan Transnet gekontrakteer is. Sy sê sulke misdade beïnvloed dienslewering en ontneem die gemeenskap van noodsaaklike dienste, daarom sal die NVG 'n gefokusde benadering volg om strenger vonnisse vir sulke skuldigbevindings te verseker
29 Jan 2025 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min