Transnet sekertheidswag gevonnis vir kabeldiefstal

Loading player...
Die Ermelo-streekhof het Goodwill Zwelethini Dlamini (39) tot 15 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur wat aan Transnet behoort en vir die diefstal van yster- en nie-ysterhoudende metaal. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, was Dlamini aangestel as veiligheidsbeampte by Isidingo Sekuriteit, wat aan Transnet gekontrakteer is. Sy sê sulke misdade beïnvloed dienslewering en ontneem die gemeenskap van noodsaaklike dienste, daarom sal die NVG 'n gefokusde benadering volg om strenger vonnisse vir sulke skuldigbevindings te verseker
29 Jan 2025 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min