KLCBT hou sake konferensie

Loading player...
Die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme bied in Mei die eerste Laeveld Sake Konferensie aan. Die uitvoerende beampte, Linda Grimbeek, sê mense ontwaak uiteindelik na die Covid-pandemie en in ‘n vinnig veranderende wêreld moet ondernemings in die globale spasie oorleef. Sy sê daar is baie te leer oor hoe om die uniekheid van die Laeveld tot jou voordeel te gebruik, kommunikasie en hoe internasionale politiek en kunsmatige intelligensie plaaslike ondernemings raak. Die Laeveld Sake Konferensie vind op 21 en 22 Mei plaas.
4 Mar 2025 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min