Episode 39 | Hoe praat ons oor slagofferskap?

Loading player...
Hoekom hoor ’n mens by soveel wit Afrikaanse mense dat hulle ’n gevoel van slagofferskap ervaar? En hoe praat ons hieroor?

In ’n tyd wat vele komplekse gesprekke oor hierdie tema in ons land gevoer word, nooi Heléne Meissenheimer twee NG predikante in vir ’n gesprek in dié aflewering van Kerkbode se podsending, Kollig.

Die skrywer en predikant Schalk van Heerden van Fontainebleau Gemeenskapskerk is medestigter en voorsitter van die liefdadigheidsorganisasie Betereinders. Hulle is bekend vir projekte wat poog om inklusief mense vanuit verskillende kulture bymekaar uit te bring – soos die onlangse braai in Februarie waar hulle die ‘Not USA but you, SA’-veldtog bekend gestel het.

Ivor Swartz is predikant by die Oosterlig-gemeente in Pretoria en is die bekroonde skrywer van boeke soos Die verlore seun vannie Gaatjie en Nogtans geloof.

Luister gerus saam na hierdie gesprek wat draai by rugbykwotas, Afrikaners se pioniersgees en Bloedrivier, asook ’n Katolieke teologiese term “ordo amoris”, wat beteken ‘rangorde van liefde’ aan die hand waarvan gevra word wat die Bybel sê oor wie jy moet liefhê.

Volg gerus die skakel om die video op YouTube te kyk:
https://youtu.be/SkQiaNpdP0w
7 Mar 2025 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 66 | Wat is die 2026 PredikanteSAAMkoms (en wat is dit nie)?

Meer as 100 predikante is betrokke by die 2026 PredikanteSAAMkoms. Dié geleentheid, beplan vir einde Augustus, gaan deur honderde NG predikante van regoor Suid-Afrika bygewoon word. Waarom is so ’n massasaamkoms nodig – en hoe hoop die organiseerders sal dit predikante én hulle gemeentes kan versterk en bedien? Vir hierdie…
3 Aug 21 min

Kollig episode 65 | Trauma se onsigbare wonde – hoe lyk die kerk se sorg?

’n Klomp goed het gebeur na die moord op sy skoonouers. ’n Polisie-ondersoek, hofsaak, media. Maar toe raak dit stil, ook vanaf die kerk. “Toe sit ons nog met die verwonding …” Só vertel ds Gerhard Pietersen wie se skoonouers in 2016 op hulle Suid-Kaapse kleinhoewe vermoor is. Hy is…
25 Jun 26 min

Kollig episode 64 | Sinodegangers deel indrukke by Bothaville

Hoe het afgevaardigdes en gassprekers die NG Kerk Vrystaat se sinodesitting van 7-10 Junie beleef? Kerkbode-redakteur Le Roux Schoeman praat op die laaste dag met afgevaardigdes Daleen Deacon en Hansie van Niekerk, asook ds Ulrich Ohlhoff, dr Nina Müller van Velden en dr Marinda van Niekerk van PEN en die…
11 Jun 21 min