Woord vir Vandag - 14 Mrt 2025

Loading player...
“…Hulle het toe met die goeie werk begin.” Nehemia 2:18 NLV
Bid daaroor en neem dan aksie
Daar is ‘n tyd om te bid en ‘n tyd om aksie te neem. Soms beteken dit om die werksaansoek in te vul, of die tjek te skryf, of die afspraak te maak, of die gesprek te hê, of die skuif te maak. Peter Marshall het gesê: ‘Ek wonder wat sou gebeur as ons almal sou instem om een van die Evangelies te lees totdat ons by ‘n plek kom wat vir ons sê om iets te doen, dan uitgaan om dit te doen en eers nadat ons dit gedoen het, weer begin lees? Daar is aspekte van die Evangelie wat verwarrend en moeilik is om te verstaan. Ons probleme lê egter nie in die dinge wat ons nie verstaan nie, maar eerder die dinge wat ons wel verstaan. Ons probleem is nie soseer dat ons nie weet wat ons moet doen nie. Ons weet baie goed, maar ons wil dit nie doen nie.’ Een van die groot foute wat ons maak is dat ons vir God vra om dit vir ons te doen wat Hy wil hê ons vir Hom moet doen. Voor God die waters van die Jordaanrivier geskei het sodat die Israeliete Kanaän kon binnegaan, het Hy eers vir die priesters opdrag gegee om ‘n paar treë in die rivier te gee. Hoekom het God dit so gedoen? Miskien wou Hy weet dat hulle genoeg geloof gehad het om hulle voete nat te maak. Solank as wat jou voete op droë grond geplant is, sal God nie die rivier vir jou skei nie. Jy sê: ‘Ek wag vir God om die eerste skuif te maak.’ Miskien wag God vir jou om in geloof uit te tree en die eerste stap te neem. Indien dit die geval is, is die woord vir jou vandag – neem aksie.
13 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 3 Jan 2026

Saterdag 3 Januarie “Jy moet getrou bly aan die dinge wat jy geleer het…” 2 Timoteus 3:14 NLV Bybelstudie: die sleutel tot geestelike groei (2) Moenie jou lewenskoers volgens die opinies van mense of wat die samelewing gewild ag, bepaal nie. As jy dit doen, sal jy dieselfde fout maak…
18 Dec 1 min

Word for Today - 2 Jan 2026

Friday 2 January ‘This Book of the Law shall not depart from your mouth.’ Joshua 1:8 NKJV Bible reading; the key to spiritual growth (1) God gave Joshua a big job: conquer the Promised Land and divide it up among the twelve tribes of Israel. He also gave him the…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 2 Jan 2026

Vrydag 2 Januarie “Hou hierdie wetboek altyd by jou…” Josua 1:8 NLV Bybelstudie: die sleutel tot geestelike groei (1) God het vir Josua ‘n groot opdrag gegee: verower die Beloofde Land en verdeel dit onder die twaalf stamme van Israel. Hy het ook vir hom die sleutel tot sukses gegee:…
18 Dec 2 min

Word for Today - 1 Jan 2026

Thursday 1 January ‘Ask, and you will receive, that your joy may be full.’ John 16:24 NKJV Make prayer your first priority Prayer should be your highest priority. Why? Because when you fail to pray, you set yourself up to fail. You’re saying in essence, ‘I don’t need God’s help…
18 Dec 2 min

Woord vir Vandag - 1 Jan 2026

Donderdag 1 Januarie ‘Hou aan bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volledig kan wees.’ Johannes 16:24 NLV Maak gebed jou eerste prioriteit Gebed moet jou eerste prioriteit wees. Hoekom? Want wanneer jy faal om te bid, stel jy jouself op om te misluk. Jy sê in wese: ‘Ek…
18 Dec 2 min