Net nog enetjie | Ambassa-Dirk, Flip-lomaat en Malema se wêreldtoer | Ep. 36

Loading player...
Terwyl Ebrahim Rasool nog sy vlugvoosheid afskud na sy terugkeer van die VSA, wonder ʼn mens. Moet ons dalk ʼn Superbru begin om te wed op wie die volgende ambassadeur gaan wees? Ambassa-Dirk? Of dalk ʼn Flip-lomaat uit die Solidariteit Beweging se leierskap. Die slim skuif sal natuurlik wees om ʼn Afrikaner- of landbouleier aan te wys om gemoedere in die VSA te help afbestuur. Maar nou ja, van wanneer af doen die ANC die slim ding? Luister na hierdie week se episode van Net nog enetjie om saam te gesels oor hierdie en ander belangrike kwessies.
Chapters
  • 00:00 Inleiding
  • 02:00 Wie se reëls geld?
  • 09:04 Rasool se plaasvervanger
  • 14:37 Julius Malema se internasionale debuut
  • 24:18 Is Afrikaners slagoffers?
26 Mar 2025 Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | Mense en hul grense | Ep. 82

Net nog enetjie | Mense en hul grense | Ep. 82 Dit is nou ʼn week voor 30 Junie wat die groep March and March as sperdatum gestel het vir onwettige buitelanders om terug te keer na hul lande van herkoms. Is daar grootskaalse geweld op pad en gaan alle…
24 Jun 25 min

Net nog enetjie | John Steenhuisen in die bek geruk

Net nog enetjie | John Steenhuisen in die bek geruk | Ep 81 In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor John Steenhuisen wat die trekpas gekry het. Geordin Hill-Lewis, federale leier van die DA, het besluit om John Steenhuisen…
18 Jun 14 min