Woord vir Vandag - 5 April 2025
--:--
“…Boas die pa van Obed by Rut…” Matteus 1:5 NLV
Die beste kom nog
Menslik gesproke was die kans dat ‘n nie-Joodse meisie soos Rut, met ‘n ryk Jood soos Boas sou trou minder as nul, omdat die wet van Moses dit verbied het: ‘Geen Ammoniet of Moabiet of enige van hulle nageslag tot in die tiende generasie mag ingesluit word in die vergadering van die Here nie’ (Deuteronomium 23:3 NLV). As daar nou ooit ‘n deur was wat toegemaak en gesluit was, was dit hierdie een. God heers egter oor mense en omstandighede. ‘…Hy wat die sleutel van Dawid hou en deure oopsluit, en niemand kan dit toesluit nie; Hy sluit en niemand kan dit weer oopmaak nie’ (Openbaring 3:7 NLV). God, nie mense nie, hou die sleutel van jou toekoms vas. Jesus het gesê: ‘…Dié dinge wat by mense onmoontlik is, is juis by God moontlik’ (Lukas 18:27 NLV). Uit hierdie ongewone kombinasie van Jood en nie-Jood, ryk en arm, aanvaar en verwerp, sou Jesus, die Verlosser van die wêreld, voortgebring word. Die rekord lees dus: ‘…Boas die pa van Obed by Rut…’ Die woord vir jou vandag is – die beste kom nog. Jou pad met Christus kan vrugte voortbring, wat jou kinders en kleinkinders vir generasies wat nog kom sal, seën. Lewe in die hede en geniet elke dag wat God vir jou gee, maar hou altyd die toekoms in gedagte. Dis gaan nie net daaroor wat God vir jou wil doen nie, maar wat Hy deur jou, wat ander mense sal seën, wil doen. God het vir Abraham gesê: ‘Ek sal jou die voorvader maak van ‘n groot nasie. Ek sal jou seën sodat jy geëerd sal wees, en vir ander tot ‘n seën sal wees… Deur jou sal al die nasies op die aarde geseën word’ (Genesis 12:2-3 NLV). Eis hierdie belofte op!