Wanvoeding kan ʼn kind se brein, hart én toekoms steel

Loading player...
Maroela Media het met dr. Marita Serfontein, ʼn geregistreerde dieetkundige, en Danelle du Plessis, koördineerder van Helpend Hand se Kosblikkie-projek, gesels oor die tekens van wanvoeding. Dr. Marita het verduidelik ʼn tekort aan yster, vitamien A en B12 is sigbaar op die tong, vel en oë van ʼn kind, maar die ware skade lê dieper. Sy en Danelle het ook vertel wat gedoen kan word om kinders te help. Kom luister na die volledige onderhoud boaan die berig.
23 Jul 2025 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

‘Help, graad 4 is hier!’

“Graad 4 is dikwels ʼn groter aanpassing as graad 1,” sê Unine Laas, Grondslagfasespesialis by die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum, in Maroela Media se ateljee.
24 Apr 22 min

‘Kweek van kleins af ʼn lesertjie’

Maroela Media gesels met Coralie Vermaak, ʼn spraak-en-taalterapeut en oudioloog, oor die belangrikheid om kinders van ʼn jong ouderdom af aan boeke en lees gewoond te maak.
23 Apr 23 min

Hettie en Louis Brittz gee hoop vir gesinne in haastige wêreld

“God is nie klaar met jou gesin nie, want Hy is steeds besig om dit elke dag te vorm.” Volgens Hettie en Louis Brittz begin dit nie by kitsoplossings nie, maar by wortels van julle verhouding. Die egpaar, wat al meer as drie dekades saam die pad van die huwelik…
2 Apr 13 min