‘Dricus het Khamzat jellie-bene gegee’

Loading player...
Niel Geyser, Dricus du Plessis se grond-en-greepwerk-ghoeroe, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan en verduidelik in diepte wat in Stillknocks se geveg met Khamzat Chimaev gebeur het.“Khamzat het die kompetisie gewen, maar hy het nie die geveg gewen nie,” sê Geyser.Hy verklap ook Dricus se denkrigting rondom sy toekomsplanne.In dié week se episode gesels ons ook oor die Springbokke se sege oor die Wallabies, die All Blacks se nederlaag teen Argentinië en Asenathi Ntlabakanye se positiewe toets vir die gebruik van ’n verbode middel.Ons het ook ’n stemnota van die 75-jarige Pex van Greunen ontvang, wat vir Rassie Erasmus ’n bietjie raad gee.• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
27 Aug 2025 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Wat ’n Sesnasies! Moet Rassie stres?

Die vuurwerke het behoorlik gespat in die afgelope naweek se Sesnasies-wedstryde, en met net een ronde wedstryde oor is daar steeds drie spanne wat met die trofee kan wegstap. So, watter spanne se aandele het gestyg in vanjaar se kompetisie, wie loop lang-lip. . . en wat kan die Springbokke…
11 Mar 26 min

Proteas gaan nie ‘choke’ nie

Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vanuit Ahmedabad by die T20-Wêreldbeker by Rapport Praat Sport aan. Hy praat oor Suid-Afrika se suikersoet-sege oor Indië en vertel waarom hy dink die Proteas nié by die toernooi gaan 'choke' nie.
25 Feb 26 min