Mevrou se nuwe plan vir die ou jaar

Loading player...
Die Mevrouens is terug en probeer sin maak van wat sover ’n besige jaar was – soos ’n swaar gelaaide weghol 4x4 bakkie wat net nie remme het nie. Vir Gerda de Sousa en Dianne Broodryk is die jaar nog lank nie verby nie en hulle skop die nuwe seisoen van dié bekroonde potgooi af met groot planne om hulle lewens reg te ruk voor Kersfees. Vir die een Mevrou gaan dit oor die reiniging van haar ingewande, terwyl die ander Mevrou van plan is om een groot plooi te looi.

# SEISON 3 / EPI 1
16 Sep 2025 Afrikaans South Africa Comedy · Personal Journals

Other recent episodes

Mevrou onthul hoe 2025 moontlik haar lewe gered het

Mevrou kyk terug op die jaar wat was, en al die kere wat dit gevoel het of daar ’n slang was wat reg gelê het om te pik. Dié jaar was egter nie net een van weg hardloop van slange nie, Mevrou het ook ’n paar goeie lesse geleer en…
14 Dec 2025 24 min

Mevrou beplan ‘n Desember partytjie om wraak te neem teen die bure

Mevrou is hierdie Fees Seisoen by die huis, en is besig met ’n plan vir ’n groot Desember swembad partytjie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk het agter gekom hulle het tussen die twee van hulle ’n rook masjien en ’n disko bal wat hulle nou wil inspan vir ’n…
1 Dec 2025 19 min

Mevrou skinder oor wat op die Whatsapp groepies gesê word

Mevrou het met ’n skok agter gekom dat haar gesin van drie nie hulle eie Whatsapp groepie het nie! Hoeveel Whatsapp groepies moet mens hê en wanneer kan jy maar jouself afhaal en die groepie toemaak? Gerda de Sousa en Dianne Broodryk delf in die status van hulle Whatsapps in…
24 Nov 2025 23 min

Mevrou kry lelik stry oor die lys vir Kerspersente

Mevrou is besig met die laaste beplanning vir Kersfees – en heel bo-aan haar lys van wat om nog te doen, is die Kersfees geskenke. Wie kwalifseer vir ’n persentjie onder die Kersboom? Dianne Broodryk staan vas net dié lede van die familie wie saam met hulle is op Kersdag,…
17 Nov 2025 24 min

Mevrou wonder hoe lank die strate so skoon gaan bly na die Gee-20 beraad

Mevrou besef die G20 beraad is amper hier, want die paaie in Gauteng is ewe skielik baie skoon, die slaggate word opgevul, meeste van die verkeersligte werk en metro polisie word oral gesien. Dis nie aldag wat die provinsie so vere reg ruk nie en ook geen wonder nie, want…
10 Nov 2025 21 min