Woord vir Vandag - 6 Nov 2025
Loading player...
“Die verstandigste ding om te doen, is om eers wysheid te bekom. Wy jou daaraan toe om onderskeidingsvermoë te verkry.” Spreuke 4:7 NLV
Deel dit!
Mentor Graham was so besig om sy studente se opdragte na te sien, dat hy nie die jong reus wat een dag ná skool in sy Illinois-klaskamer ingesluip het, raakgesien het nie. Hy het na ‘n ruk opgekyk om sy moeë oë te laat rus en toe die jongman raakgesien. Hy het hom dadelik as ‘n nuweling in die gemeenskap herken. Die knaap het reeds ‘n reputasie gehad dat hy nie bang was om sy vuiste te gebruik om sy argumente vir hom te wen nie. ’n Mens sou kon verstaan as Graham se eerste gedagte sou wees: ‘Wat soek hy hier? Is ek in gevaar?’ Graham het egter die ses voet vier duim seun op en af gekyk en toe aangebied om hom met sy lees en skoolwerk te help. Toe die jongman ‘n uur later die klaskamer verlaat, het hy verskeie boeke onder sy arm gehad wat hy by Mentor Graham geleen het – met die belofte om vir nog boeke terug te kom. Daar is ‘n goeie kans dat jy nog nooit van Mentor Graham gehoor het nie, reg? Hy was ‘n stil man en bereid om sy bes vir enige student wat oor sy pad kom, te doen. Sy leerling het egter beroemd geword. Sy naam? Abraham Lincoln! Graham het in Lincoln ‘n honger na kennis en ‘n begeerte om te leer raakgesien en die tyd geneem om in hom te belê. As gevolg hiervan het Lincoln gehelp om die geskiedenis te verander. Die grootste belegging wat jy kan maak, is in mense. Salomo het geskryf: ‘Die verstandigste ding om te doen, is om eers wysheid te bekom. Wy jou daaraan toe om onderskeidingsvermoë te verkry.’ Wanneer jy hierdie wysheid en onderskeidingsvermoë ontvang – deel dit dan met ander!