Hy hou jou vas

Loading player...
Vandag se gas, Juliana Liut, ’n toegewyde eggenoot, ma en onderwyseres en ’n passie om vroue te ondersteun wat deur die pyn van miskraam, stilgeboorte of babasterftes gaan, kom vertel haar storie. Na vier hartverskeurende miskrame het Juliana self deur die donker vallei van rou gestap – maar dit was juis in haar grootste en donkerste pyn dat God Sy helende hand oor haar uitgestrek, en nuwe hoop in haar binneste laat opstaan het.
7 Nov 2025 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Hoe om verlies te hanteer

Madeleine gesels met die skrywer Sunet du Plessis wat die tema van verlies so meesterlik aanspreek in haar debuutroman, Groete uit Skotland. Sy deel ook Bybelse beginsels oor verlies en die rouproses.
10 Jul 1 hr 14 min

Verkondig die Goeie Nuus!

Het jy geweet dat Jesus die verkondiging van die evangelie aan jou toevertrou het? Dit was sy laaste opdrag voordat Hy na die hemel opgevaar het, en dit is ’n opdrag wat elke liewe Christen ernstig behoort op te neem. Die stigters van Cross Roads Evangelism, Franco en Soré Labuschagne,…
3 Jul 1 hr 16 min

Efesiërs vir jou reis

Paulus wou die gelowiges in Efese daarvan verseker dat hulle ook deel het aan God se verlossingsplan. Hy noem dit ’n geheimenis wat nou deur die Heilige Gees bekend gemaak word. Hierdie nie-Joodse Christene het ’n nuwe identiteit verkry die dag toe hulle die Here Jesus as hulle verlosser aangeneem…
26 Jun 1 hr 02 min

Ja, Hy kan!

Zelda Klein was vir vyf en twintig jaar in die greep van dwelmverslawing vasgevang. Sy deel met luisteraars ’n ongelooflike getuienis van hoe die Here ingegryp het, en nou die pad na herstel saam met haar stap. Tans is sy voltyds in die bediening, en is dit haar passie om…
19 Jun 1 hr 18 min

Hy laat jou nooit in die steek nie

Madeleine gesels met Radiokansel luisteraar, Marista de Noon. Sy staar baie uitdagings in die gesig in haar stryd met kanker, maar ervaar ten spyte hiervan steeds hoedat God haar nooit in die steek laat nie. Marista deel graag haar getuienis met ander luisteraars in die hoop dat dié wat ook…
13 Jun 1 hr 06 min