Mevrou kry lelik stry oor die lys vir Kerspersente

Loading player...
Mevrou is besig met die laaste beplanning vir Kersfees – en heel bo-aan haar lys van wat om nog te doen, is die Kersfees geskenke. Wie kwalifseer vir ’n persentjie onder die Kersboom? Dianne Broodryk staan vas net dié lede van die familie wie saam met hulle is op Kersdag, kry gekoopte persente. Gerda de Sousa stem glad nie saam nie – of hulle nou bymekaar is of nie, sy draai iets toe vir onder die boom. En daar breek die groot gestryery toe uit …..
17 Nov 2025 Afrikaans South Africa Comedy · Personal Journals

Other recent episodes

Mevrou onthul hoe 2025 moontlik haar lewe gered het

Mevrou kyk terug op die jaar wat was, en al die kere wat dit gevoel het of daar ’n slang was wat reg gelê het om te pik. Dié jaar was egter nie net een van weg hardloop van slange nie, Mevrou het ook ’n paar goeie lesse geleer en…
14 Dec 2025 24 min

Mevrou beplan ‘n Desember partytjie om wraak te neem teen die bure

Mevrou is hierdie Fees Seisoen by die huis, en is besig met ’n plan vir ’n groot Desember swembad partytjie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk het agter gekom hulle het tussen die twee van hulle ’n rook masjien en ’n disko bal wat hulle nou wil inspan vir ’n…
1 Dec 2025 19 min

Mevrou skinder oor wat op die Whatsapp groepies gesê word

Mevrou het met ’n skok agter gekom dat haar gesin van drie nie hulle eie Whatsapp groepie het nie! Hoeveel Whatsapp groepies moet mens hê en wanneer kan jy maar jouself afhaal en die groepie toemaak? Gerda de Sousa en Dianne Broodryk delf in die status van hulle Whatsapps in…
24 Nov 2025 23 min

Mevrou wonder hoe lank die strate so skoon gaan bly na die Gee-20 beraad

Mevrou besef die G20 beraad is amper hier, want die paaie in Gauteng is ewe skielik baie skoon, die slaggate word opgevul, meeste van die verkeersligte werk en metro polisie word oral gesien. Dis nie aldag wat die provinsie so vere reg ruk nie en ook geen wonder nie, want…
10 Nov 2025 21 min

Mevrou se gesukkel om die mediese forms in te vul

Mevrou moet hospitaal toe gaan vir ‘n mediese prosedure, maar wat vir haar erger is as wat hulle aan haar gaan doen, is die stapel mediese forms wat sy voor die tyd moet invul. Asof dit nie genoeg is dat sy elke maand die derduisende moet opdok vir ’n mediese…
3 Nov 2025 26 min