Woord vir Vandag - 17 Des 2025
Loading player...
“…Ek gaan soontoe om vir julle plek gereed te maak.” Johannes 14:2 NLV
Dink aan jou hemelse woning
Die Bybel praat meer as vyfhonderd keer oor die hemel en verskaf detail van ons ewige tuiste. Kort voordat Hy na die hemel vertrek het, het Jesus sy dissipels bemoedig deur te sê: ‘In die huis van my Vader is daar sommer baie kamers… Ek gaan soontoe om vir julle plek gereed te maak. En as Ek gegaan en vir julle plek ingerig het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem sodat julle ook kan wees waar Ek is’ (verse 2-3 NLV). Die Griekse woord wat in vers 2 as ‘plek’ vertaal word, is ‘topos,’ wat na ‘n spesifieke plek verwys. Die Hemel is ‘n werklike, fisiese plek, waar ons eendag saam met Jesus en ons verloste geliefdes sal woon. God het in elkeen van ons se harte ‘n honger na die hemel geplaas (sien Prediker 3:11). Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Franklin Roosevelt dit moeilik gevind om weens sy fisiese gestremdheid tussen die troepe te reis, dus het sy vrou, Eleanor, sy plek ingeneem. Die soldate was mal oor haar. Sy het as die president se oë en ore gedien. Op een reis het sy ‘n aand saam met ‘n groep soldate deurgebring en daarna vir haar man gesê dat hulle net op een gedagte fokus - die verlange om die geveg te voltooi sodat hulle huis toe kon gaan. Dit is hoe God se verloste kinders oor die hemel voel. Ons is op planeet Aarde ontplooi, maar ons opdrag is slegs tydelik. Die Psalmdigter het gesê: ‘U goedheid en trou vergesel my al die dae van my lewe; en ek sal bly in die huis van die Here so lank as wat ek lewe’ (Psalm 23:6 NLV). Dis ons verwagting – om vir ewig in die huis van die Here te woon.