Woord vir Vandag - 18 Des 2025
Loading player...
“Dan gee God daaraan ‘n nuwe liggaam – presies soos Hy dit bepaal het…” 1 Korintiërs 15:38 NLV
Jou nuwe opstandingsliggaam (1)
Benjamin Franklin, wat ‘n drukpers besit het, het vir homself ‘n grafskrif geskryf. Alhoewel dit nooit op sy grafsteen verskyn het nie, is dit deur die geskiedenis as gevolg van die wysheid daarvan oorgelewer. ‘Die liggaam van Benjamin Franklin, drukker; (soos die omslag van ‘n ou boek, die inhoud uitgeskeur en van sy letters en vergulding gestroop), lê hier, voedsel vir wurms. Hierdie werk sal egter nie verlore gaan nie, want dit sal, so het hy geglo, weer in ‘n nuwe en meer elegante uitgawe, hersien en reggestel deur die outeur, te voorskyn kom.’ Wat ‘n wonderlike manier om te beskryf wat eendag met ons gaan gebeur. Die apostel Paulus het sade as metafoor gebruik: ‘Nou kan iemand vra: ‘Hoe sal die dooies wees wanneer hulle opgewek word? Watter soort liggame sal hulle hê?’ Jou dom vraesteller, as jy saad in die grond sit, ontkiem dit tog nie tot nuwe lewe as dit nie eers self doodgegaan het nie. Wat jy in die grond sit, is nie die plant wat gaan groei nie, maar bloot ‘n droë koringkorreltjie of watter ander saad jy ook al plant. Dan gee God daaraan ‘n nuwe liggaam – presies soos Hy dit bepaal het…’ (verse 35-38 NLV). ‘n Pastoor verduidelik dit as volg: ‘Wanneer jy in jou tuin plant, saai jy dalk ‘n mieliepit in die grond. Wanneer dit ontkiem, is dit steeds ‘n mielieplant; dit is in wese dieselfde as die pit wat gesaai is. Wat egter uit die grond kom, is nie die pit nie. Dis die hele plant. Dis baie groter, baie beter en baie indrukwekkender.’ Jou nuwe opstandingsliggaam sal verhewe teenoor jou ou liggaam wees net soos die plant teenoor die saad verhewe is; dit sal ‘n liggaam wees wat spesifiek vir die ewige lewe ontwerp is.