Woord vir Vandag - 30 Des 2025

Loading player...
“Laat ons seuns sterk word… en ons dogters soos die mooiste pilare...” Psalm 144:12 DB

Gee jou kinders selfvertroue

Sê gedurig vir jou kind dat hulle geliefd, waardevol en bekwaam is. Andersins sal hul konsep van hulself op hul swakste eienskappe en persepsies eerder as hul beste, gebaseer wees. Sielkundiges sê dat sommige van die wêreld se suksesvolste mense aan ‘imposter syndrome’ ly. Wanneer hulle uitgevra word, spreek hierdie mense dikwels diep selftwyfel uit en sê dat hulle nie die posisie wat hulle beklee, of die hoë opinie wat ander van hulle het, werd voel nie. Waar het dit begin? By die huis! Dikwels word hierdie selfkonsep voor puberteit gevorm, wanneer ‘n kind geen duidelike sin van hul identiteit het nie en onaantreklik, dom en nutteloos voel. Dit is wanneer jy as ouer hulle moet verseker dat hierdie gevoel net ‘n kort tydjie sal duur, soos om deur ‘n tonnel te reis waaruit hulle beslis te voorskyn sal kom. Bespreek die seksuele ontwaking wat gaan plaasvind wanneer hulle kinderjare eindig en ook hoe om dit verantwoordelik en moreel te hanteer. Deur dit nie te doen nie, laat jy jou kind alleen om vrae te hanteer waarop hulle nie altyd die regte antwoorde sal kry nie. Ja, jy moet hulle onderrig en reghelp. As hulle egter voortdurend voel asof jy hulle kritiseer en nie aan hulle kant is nie, kan hulle nie die selfvertroue en inisiatief kry om ‘n gesonde selfbeeld te ontwikkel nie. As jou ouers dit nie vir jou gedoen het nie, sal jy ekstra sensitief moet wees en seker maak dat jy dit vir jou kinders doen. Die Psalmdigter Dawid gee vir ons ‘n gebed wat God sal beantwoord: ‘Laat ons seuns sterk word soos jong bome en ons dogters soos die mooiste pilare in die paleis wees.’
24 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Dec 2025

“Be kind to one another, tender-hearted, forgiving one another, even as God in Christ forgave you.” Ephesians 4:32 NKJV Leave the past in the past Studies suggest that just 3 percent of life events are highly memorable. So, over the course of an average year, approximately seventeen experiences will make…
24 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 31 Des 2025

“Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.” Efersiërs 4:32 NLV Los die verlede in die verlede Studies dui daarop dat slegs 3 persent van lewensgebeure hoogs onvergeetlik is. Dus, oor die verloop van 'n…
24 Nov 2 min

Word for Today - 30 Dec 2025

“May our sons flourish…May our daughters be…graceful.” Psalm 144:12 NLT Give your children confidence Constantly tell your child that they’re loved, valuable, and capable. Otherwise, their self-evaluation will be based on their worst qualities and perceptions rather than their best ones. Psychologists say that some of the world’s most successful…
24 Nov 1 min

Word for Today - 29 Dec 2025

“Yet in all these things we are more than conquerors through Him who loved us.” Romans 8:37 NKJV Quitters never win, winners never quit In some of the world’s greatest success stories, you will find chapters of failure and discouragement. Dr. Seuss’s first children’s book was turned down by twenty-seven…
24 Nov 2 min

Woord vir Vandag - 29 Des 2025

“Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ‘n superoorwinning te behaal – oorwinnaars deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het.” Romeine 8:37 NLV Oorwinnaars gee nooit op nie Jy sal in sommige van die wêreld se grootste suksesverhale hoofstukke van mislukking en…
24 Nov 2 min