Kollig episode 52 | Aftrede – Dr Thys Smith vertel meer oor hierdie lewensfase

Loading player...
Die lewensfase na aftrede trek wêreldwyd aandag. Mense leef langer en werk langer. Dit het “statuur gekry” sê dr Thys Smith van Wellington. Hy het self al drie keer afgetree en op 79 het hy ook ’n boek geskryf oor die tema van sinvol aftree.

Hy sê een van die belangrike dinge wat hy ontdek het ’n mens met aftrede moet weet is dat jy aftree nie om te gaan stil sit nie, maar om aan te tree vir ’n nuwe lewensfase. Een met sy eie unieke uitdagings, geleenthede en genietinge. Só vertel hy vir Heléne Meissenheimer vir hierdie aflewering van Kerkbode Kollig. In ons podsending van so 15 minute vertel hy meer oor die leefwêreld van ouer mense vandag na aanleiding van sy boek, Anderkant 65: Aftrede en daarna.

Dr Thys Smith se boek kan aanlyn bestel word by CLF (R230). Kyk ook uit vir die onderhoud met hom in die Desember-uitgawe van LiG, susterpublikasie van Kerkbode.
15 Dec 2025 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 66 | Wat is die 2026 PredikanteSAAMkoms (en wat is dit nie)?

Meer as 100 predikante is betrokke by die 2026 PredikanteSAAMkoms. Dié geleentheid, beplan vir einde Augustus, gaan deur honderde NG predikante van regoor Suid-Afrika bygewoon word. Waarom is so ’n massasaamkoms nodig – en hoe hoop die organiseerders sal dit predikante én hulle gemeentes kan versterk en bedien? Vir hierdie…
3 Aug 21 min

Kollig episode 65 | Trauma se onsigbare wonde – hoe lyk die kerk se sorg?

’n Klomp goed het gebeur na die moord op sy skoonouers. ’n Polisie-ondersoek, hofsaak, media. Maar toe raak dit stil, ook vanaf die kerk. “Toe sit ons nog met die verwonding …” Só vertel ds Gerhard Pietersen wie se skoonouers in 2016 op hulle Suid-Kaapse kleinhoewe vermoor is. Hy is…
25 Jun 26 min

Kollig episode 64 | Sinodegangers deel indrukke by Bothaville

Hoe het afgevaardigdes en gassprekers die NG Kerk Vrystaat se sinodesitting van 7-10 Junie beleef? Kerkbode-redakteur Le Roux Schoeman praat op die laaste dag met afgevaardigdes Daleen Deacon en Hansie van Niekerk, asook ds Ulrich Ohlhoff, dr Nina Müller van Velden en dr Marinda van Niekerk van PEN en die…
11 Jun 21 min