Woord vir Vandag - 3 Jan 2026

Loading player...
Saterdag 3 Januarie
“Jy moet getrou bly aan die dinge wat jy geleer het…” 2 Timoteus 3:14 NLV
Bybelstudie: die sleutel tot geestelike groei (2)
Moenie jou lewenskoers volgens die opinies van mense of wat die samelewing gewild ag, bepaal nie. As jy dit doen, sal jy dieselfde fout maak wat ‘n boer se seun gemaak het. Die pa het die seun gestuur om ‘n stuk land in reguit lyne te ploeg. ‘Kies 'n voorwerp aan die oorkant van die land en ploeg reguit daarnatoe.’ Later, toe die pa kom kyk hoe die seun vorder, was daar nie ‘n reguit ry te vinde nie. ‘Het ek dan nie vir jou gesê om ‘n voorwerp te kies en daarnatoe te ploeg nie?’ het die pa gevra. ‘Ek het,’ het die seun geantwoord, ‘maar die hasie het die heeltyd heen en weer gehop.’ ‘n Reguit lyn vereis ‘n onbeweeglike teiken, rig jou visier dus op die onveranderlike beginsels van God se Woord. Laat dit die gesaghebbende Woord in jou wêreld wees. Hierdie besluit is nie ‘n gewilde besluit in vandag se samelewing nie. Sulke weerstand is egter nie vir ons nuut nie. Toe Paulus ‘n brief aan Timoteus geskryf het, het hy negentien eienskappe opgenoem wat elkeen ‘n vrug van rebellie is (sien 2 Timoteus 3:1-5). Toe skryf hy: ‘Jy moet getrou bly aan die dinge wat jy geleer het. Jy weet dit is waar, want jy weet jy kan dié vertrou wat jou geleer het. Jy is van kindsbeen af onderrig in die Heilige Skrif en dit het jou die wysheid gegee om die verlossing te ontvang wat deur geloof in Christus Jesus kom. Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te leer wat waar is en om ons laat besef wat verkeerd is in ons lewe. Dit ruk ons reg en kweek ‘n regte leefstyl’ (2 Timoteus 3:14-16 NLV). Deurdrenk jouself dus met die Skrif!
18 Dec English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min