Kollig episode 53 | Vroue in leierskaprolle by die kerk – die gesprek bly relevant

Loading player...
Dit was nie “Die Kerk” wat haar meer as twee dekades gelede gekeer het om teologie te gaan studeer nie … Dit was sy sélf. Só vertel dr Nioma Venter in ’n gesprek oor vroue as leiers in die kerk.

Venter is algemene sekretaris van die NG Kerk en een van drie paneellede wat gesels het oor Skrifverstaan, hoe kerkwees lyk as ’n mens van mekaar verskil en hoekom hierdie onderwerp relevant bly. Saam met haar in gesprek is Lerisa Meyer, ’n gemeenteleraar van die NG Kerk in KwaZulu-Natal en vanaf die Hervormde Kerk, Tanya van Wyk wat ’n professor in sistematiese teologie is.

Die gesprek volg na aanleiding van besluite wat geneem is by die sinode van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (GKSA) op Potchefstroom in Januarie (Lees meer in Kerkbode - webskakel is onder) – maar is nie ’n indiepte-bespreking daarvan nie.

Luister gerus saam na 2026 se eerste episode vir Kerkbode Kollig, ’n reeks wat kerknuus met deernis en insiggewend wil bespreek.
16 Jan Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 66 | Wat is die 2026 PredikanteSAAMkoms (en wat is dit nie)?

Meer as 100 predikante is betrokke by die 2026 PredikanteSAAMkoms. Dié geleentheid, beplan vir einde Augustus, gaan deur honderde NG predikante van regoor Suid-Afrika bygewoon word. Waarom is so ’n massasaamkoms nodig – en hoe hoop die organiseerders sal dit predikante én hulle gemeentes kan versterk en bedien? Vir hierdie…
3 Aug 21 min

Kollig episode 65 | Trauma se onsigbare wonde – hoe lyk die kerk se sorg?

’n Klomp goed het gebeur na die moord op sy skoonouers. ’n Polisie-ondersoek, hofsaak, media. Maar toe raak dit stil, ook vanaf die kerk. “Toe sit ons nog met die verwonding …” Só vertel ds Gerhard Pietersen wie se skoonouers in 2016 op hulle Suid-Kaapse kleinhoewe vermoor is. Hy is…
25 Jun 26 min

Kollig episode 64 | Sinodegangers deel indrukke by Bothaville

Hoe het afgevaardigdes en gassprekers die NG Kerk Vrystaat se sinodesitting van 7-10 Junie beleef? Kerkbode-redakteur Le Roux Schoeman praat op die laaste dag met afgevaardigdes Daleen Deacon en Hansie van Niekerk, asook ds Ulrich Ohlhoff, dr Nina Müller van Velden en dr Marinda van Niekerk van PEN en die…
11 Jun 21 min