Woord vir Vandag - 4 April 2026
Loading player...
“…Hy [het] gesê: ‘Dit is nou afgehandel!’…” Johannes 19:30 NLV
Jou skuld is afbetaal
In die Ou Testamentiese tye het jy vergifnis van God ontvang deur ‘n offerlam na die altaar toe te bring, waar ‘n priester die bloed daarvan sou vergiet en dit as versoening sou aanbied. Die eerste persoon in die Skrif wat dit gedoen het, was Kain se broer, Abel (sien Genesis 4:4). Toe Salomo sy manjifieke tempel ingewy het, het hy honderd-en-twintigduisend skape en twee-en-twintigduisend osse as ‘n offer vir die hele volk gebring. Die offervuur in die tabernakel in die Ou Testament is nie toegelaat om dood te gaan nie; dit moes aan die brand gehou word. Daar word geskat dat daar tydens die Paasfees amper honderdduisend lammers geoffer is, wat die Kidronstroom letterlik rooi gekleur het. Nie een milliliter van die bloed wat vergiet is, kon egter vir ons versoening van ons sondes bring nie. Ons moes wag vir ‘n lam wie se offer alle offers sou beëindig, ‘n priester wie se voltooide werk eens en vir altyd vir ons sonde versoening sou bring. Dit is wat gebeur het toe Jesus uitgeroep het: ‘Dit is volbring.’ In Hebreeus beteken die frase: ‘Volledig betaal.’ Op daardie oomblik het die gordyn in die tempel wat die mense van God geskei het, van bo tot onder geskeur. Gevolglik kan ons nou enige tyd by die plek ingaan, waar slegs die hoëpriester een dag per jaar in die teenwoordigheid van God kon ingaan, met die wete dat ons geliefd, aanvaar en deur die bloed van Christus as regverdig beskou sal word. Met dit in gedagte: ‘Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy deernis en onverdiende goedheid bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word’ (Hebreërs 4:16 NLV).