Woord vir Vandag - 6 April 2026
Loading player...
“Julle moet op ‘n nuwe geestelike manier leer dink.” Efesiërs 4:23 NLV
Genees jou gedagtes
Ons is drieledige wesens: gees, siel en liggaam. Wanneer ons Jesus Here van ons lewe maak, word ons van die geestelike dood genees. Daar is egter steeds twee areas wat Christus se genesende aanraking nodig het: ons siele (verstand, emosies en wil) en ons fisiese liggame. God se Woord leer ons dat ons fisiese gesondheid en geestesgesondheid onherroeplik met mekaar verbind is. ‘Want soos hy in sy siel bereken, so is hy’ (Spreuke 23:7 AFR53). Wat ons van onsself dink, is wat ons word. Ongesonde denke lei tot ‘n ongesonde lewe. Johannes het geskryf: ‘…ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan’ (3 Johannes 1:2 NLV). Enige area waarin ons siel ongesond is - of dit nou ‘n lae selfbeeld, negatiewe gedagtes of vernietigende gewoontes is – kan deur God se Woord genees word. Die meerderheid van Satan se aanvalle begin in ons verstand. Hy gebruik verkeerde gedagtes en indrukke om ons van God se beste weg te lei. Die enigste manier om hierdie aanvalle teen te werk, is om op God se Woord te staan en toe te laat dat sy gesonde gedagtes ons daaglikse denke deurdring. Gedagtes van vrees kan met gedagtes van geloof vervang word. Gedagtes van gebrek kan met gedagtes van voorsiening vervang word. Gedagtes van mislukking en depressie kan met gedagtes van sukses en vreugde vervang word. Hoe kan ons dit regkry? Paulus gee ons die antwoord: ‘Julle moet op ‘n nuwe, geestelike manier leer dink. Ja, trek die nuwe mens soos skoon klere aan, die mens wat na God se beeld geskape is: iemand wat werklik reg lewe voor God en werklik aan Hom toegewy is’ (Efesiërs 4:23-24 NLV).