Woord vir Vandag - 10 April 2026
Loading player...
“…laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe…” Romeine 12:2 NLV
Hoe om jou gedagtes te vernuwe
Jy is geskape om lief te hê, maar jy het geleer om te vrees! Die neurologiese roetes in jou brein evalueer bewustelik toksiese gedagtes en wanneer jy kies om die situasie aan God oor te gee, onderwerp jy jou nie aan vrees nie, maar tree in liefde op. Liefde is sterker as vrees! ‘Ware liefde het nie plek vir vrees nie; volwasse liefde dryf die vrees uit omdat vrees nog met straf behep is, en wie aanhou vrees, het nog nie dié volwasse liefde bemeester nie’ (1 Johannes 4:18 NLV). As ‘n verloste kind van God is jy vir liefde bedraad, wat beteken dat liefde jou normale lewensuitkyk moet wees. Ongeag die manier waarop jy in die verlede gekies het om te reageer, kan pynlike, toksiese gedagtes vernuwe word. Selfs toksiese gevoelens wat jy so lank gekoester het en waarmee jy so vertroud is dat jy dink dis normaal, kan vernuwe word. Jy kan hulle as gevolg van jou brein se neuroplastisiteit analiseer en herbedraad. Dit is wat Paulus bedoel het: ‘Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe…’ Sal hierdie ‘vernuwing’ oornag gebeur? Nee. Die wetenskap toon dat jy iets ten minste sewe keer moet oefen en gebruik voordat dit deel van jou word. Soos jy aanhou om dit te doen, sal God se Gees met jou werk en uiteindelik sal jy hierdie wonderlike liefdesbedrading van die brein kan gebruik om jou rede en emosies te balanseer. Wanneer jy dit doen, sal jy ‘n reuse-sprong neem om al jou gedagtes onder beheer te kry, wat dan jou emosies onder beheer sal bring (sien 2 Korintiërs 10:5).