Woord vir Vandag - 13 April 2026
Loading player...
“Ek stel die Here altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.” Psalm 16:8 AFR53
‘Ek stel die Here altyddeur voor my’
Sê hierdie woorde ‘n paar keer hardop en laat dit in jou gedagtes rondrol: ‘Ek stel die Here altyddeur voor my.’ Neem tyd om na te dink hoe dit werklik in jou lewe ervaar kan word. Hoe sou dit wees om met God in jou gedagtes wakker te word? Hoe sou dit snags voel as jy bewus is van Hom terwyl jy aan die slaap raak? Hoe sou jou gesprekke met ander mense wees as God as die onsigbare derde party teenwoordig is? Hoe sou werk of skool wees as jy voortdurend bewus van God is en met Hom kommunikeer terwyl jy in jou kantoor of by jou lessenaar sit, sy hulp en leiding vra en nie die las alleen probeer dra nie? Dit is immers sy belofte aan jou: ‘Gee jou kommer oor aan die Here, Hy sal vir jou sorg. Hy sal gelowiges nie teleurstel nie’ (Psalm 55:23 NLV). Dink na oor die idee dat die Here ‘aan jou regterhand’ is. In die Skrif word die regterhand as die hand van krag en die een wat die werk doen, beskou. Dink nou oor hierdie woorde na: ‘ek [sal] nie wankel nie’ (Psalm 16:8 AFR53). Stel jou voor dat jy slegte nuus ontvang of teenstand in die gesig staar; stel jou voor dat ‘n belangrike persoon nie van jou hou nie. Stel jou voor dat dit sleg by jou werk gaan - maar dit skud nie jou fondasies nie. Hoekom nie? Omdat God jou bonatuurlike vrede gee. Is dit die lewe wat jy wil hê? Bid dan: ‘God, ek kies hierdie lewe; wys my wat ek moet doen sodat dit so kan wees.’