Woord vir Vandag - 28 April 2026
Loading player...
“Woede kan wreed wees en toorn ‘n onstuitbare vloed, maar teen jaloesie is daar geen verweer nie.” Spreuke 27:4 NLV
Oorkom afguns
Afguns is ‘n wrok teenoor diegene wat iets besit wat jy wil hê. Jaloesie sê: ‘Ek is bang jy gaan neem wat ek het.’ Afguns sê: ‘Ek wil hê wat jy het en ek neem jou kwalik omdat jy dit het!’ Afguns is een van die mees versteekte emosies. Jy is meer geneig om ‘n onbeheerbare humeur, ‘n fobie of enige ander negatiewe emosie te erken, as om te erken dat jy afgunstig is. Afguns lei onvermydelik tot ‘n wrok en kritiek teenoor die persoon wat jy beny. Sodra jy toelaat dat afguns en wrokkigheid jou hart binnedring, begin dit emosionele kanker word. Uiteindelik sal dit op ‘n vernietigende manier manifesteer, soos om dwelms te neem wat jou bui verander, te veel te eet, oormatige inkopies te doen, woedeuitbarstings, om sarkasties te wees of ander mense fisies leed aan te doen. As jy afguns teenoor iemand koester, is dit tyd om dit te hanteer. Dawid het geskryf: ‘Maar U verwag waarheid uit die hart. Diep in my binneste maak U u wysheid bekend. Neem weg my sonde met hisop sodat ek skoon kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees’ (Psalm 51:8-9 NLV). As jy iets wat iemand anders het begeer, vra jouself af: ‘Is ek bereid om dieselfde prys te betaal as wat hulle betaal het om dit te verkry?’ Daar is ‘n gesegde: ‘Daar is nie so iets soos 'n gratis middagete nie.’ Alles - behalwe verlossing - het ‘n prys. Dus, of jy nou maer, ryk, geleerd of wat ook al wil wees, hou op om afgunstig op ander mense se sukses te wees en vra God om jou te help om te slaag in die opdrag wat Hy jou vir jou lewe gegee het.