Francois van Coke: ‘Ek is nou verslaaf aan hardloop’
Loading player...
Rugby, krieket, boks … die rockster Francois van Coke was nog altyd lief vir sport, maar nou is hardloop een van sy grootste stokperdjies.
Van Coke het pas sy tweede Twee Oseane-ultramarathon voltooi, in ’n tyd van 5 uur en 49 minute.
Hy sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy hardloop-reis en sy liefde vir sport.
Van Coke was in sy o. 13-jaar die WP se Cravenweek-skrumskakel, en het ook vyf jaar gelede die voormalige Springbok-losskakel Derick Hougaard in ’n boksgeveg geklop.
“Ek spot altyd dat dit naas my kinders se geboorte die beste dag van my lewe was.”
• Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel.