Verlos uit die mag van verslawing. Gebreek. Genees. Vrygemaak.

Loading player...
Wanneer dwelmverslawing lewens verwoes, is dit baie moeilik om lig aan die einde van die tonnel te sien.
Selfs wanneer rehabilitasie plaasvind, is daar op die pad vorentoe soveel uitdagings, dat baie mense moed opgee en weer terugval in die greep van verslawing.
Daar is egter hoop. Landi-Lee en Arie Oberholzer van CORE Ministries, bestuur House Damascus – ‘n veilige hawe van restourasie wat inwoners help om die mag van verslawing oor hulle lewens te breek, en weer op die been te kom.
Madeleine gesels met Landi-Lee en ervare trauma-berader Bianca Vosloo.
Sy lees ook verder voor uit Al Psalmend, deur dr. Ronell Bezuidenhout, soos uitgegee deur CLF Uitgewers.
25 Apr Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Hy laat jou nooit in die steek nie

Madeleine gesels met Radiokansel luisteraar, Marista de Noon. Sy staar baie uitdagings in die gesig in haar stryd met kanker, maar ervaar ten spyte hiervan steeds hoedat God haar nooit in die steek laat nie. Marista deel graag haar getuienis met ander luisteraars in die hoop dat dié wat ook…
13 Jun 1 hr 06 min

Nuwe Christelike fiksie

Twee gerekende skrywers kuier in die ateljee om meer te vertel oor hulle nuutste Christelike fiksie romans. Elize Parker vertel waarom Christene natuurbewaring ernstig behoort op te neem – soos die boodskap tereg oorgedra word in haar boek, Die eilandbruid se sluier. Sy deel ook ’n voorsmakie van haar volgende…
5 Jun 1 hr 15 min

Sielvolle verhale

Het jy geweet dat daar Christelike fiksie in Afrikaans is? Ons het uitgewers in Suid-Afrika wat ’n baie hoë standaard handhaaf om seker te maak dat jy top gehalte Christelike fiksie in jou hartstaal kan lees. Madeleine gesels met twee welbekende skrywers, Malene Breytenbach en Madelie Human, oor hulle nuwe…
29 May 56 min

Rehabilitasie verg spanwerk

Dr. Michiel v.d. Merwe is ’n berader by Castle Carey Rehabilitasiesentrum (‘n sentrum vir substansie-afhanklikes) en is ook deeltyds by ’n seniorbediening as predikant betrokke. Na 25 jaar as voltydse predikant, en 12 jaar as uitvoerende hoof van ’n rehabilitasiesentrum, weet hy watter belangrike rol gesin- en gemeenskapsprobleme in substansie-afhanklikheid…
15 May 1 hr 18 min

Die kosbare rol van 'n ma

Madeleine gesels met Jozine Botha oor die kosbare rol van ’n ma. Jozine is self ’n ma van vier pragtige kinders. Tenspyte daarvan dat sy voltyds in die bediening staan as pastoor en berader, jaag sy steeds haar drome na, en verlede jaar is haar debuutroman, Die jare tussen ons,…
8 May 1 hr 07 min