Bizskoops - 14 Mei 2026
Loading player...
Op hierdie week se Bizskoops: Ons gesels met professor Deon Tustin van Unisa oor die nuutste voorspellings van die Buro vir Marknavorsing en Unisa Ekonoom van die Jaar-kompetisie.
Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het gestyg en Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-analise ontleed die kommer wat deur die Nasionale Tesourie van Suid-Afrika oor die finansiële posisie van Johannesburg geopper is.
Professor Waldo Krugell gee ʼn oorsig van belangrike finansiële aanwysers vir die maand en wat dit vir die volgende repokoersbesluit kan beteken.
'n Voormalige president van die Wêreldbank het China aangespoor om te help om wêreldwye druk op voedsel- en kunsmisvoorsiening te verlig, terwyl Suid-Afrika se mynbousektor weer eens 'n aantreklike beleggingsbestemming word.
Ons gaan ook voort met ons gesprek met Pieter Wasserfall van JustMoney, wat verdere finansiële wenke vir individue en besighede deel.