Kopskuif - 2 Mei 2026

Loading player...
In vandag se Kopskuif episode, gesels Mercia Eksteen met Jacques Engelbrecht: 'n leierskapsafrigter en prosesfasiliteerder wat sy werk baseer op neurowetenskap en menslike ontwikkeling. Sedert sy ontdekking van die Enneagram in 2012 is hy ’n toegewyde student van gedrag en motivering. As mede-outeur van die transformerende boek, ‘Van Kettings tot Keuses’ vertel hy ook hoe hierdie boek as praktiese en storiegedrewe gids gebruik kan word.
2 May Afrikaans South Africa Society & Culture · Kids & Family

Other recent episodes

Eksamen-tyd

Junie is sinoniem met eksamen. Regoor die land sit leerders met hul neuse diep in die boeke. Vir baie gesinne beteken hierdie tyd nie net harde werk nie, maar ook spanning. Vandag gesels Sanet Grobler van Illuminated Growth op Kopskuif en deel praktiese wenke om kinders én ouers te help…
20 Jun 33 min

ATKV kinderteater produksie: "B" is vir Boelies

Tiaan Kirsten-Lubbe, direkteur en uitvoerende vervaardiger van Scenario College – ’n tersiêre, SETA-geakkrediteerde instelling wat dramastudente oplei – gesels op 13 Junie op Kopskuif oor die ATKV se kinderteaterproduksie, ‘“B” is vir boelies’. Skakel in en kom luister hoe hierdie projek poog om bewustheid te skep, gesprekke aan te moedig…
13 Jun 41 min

Kopskuif - 6 Junie 2026

Afrikaans vir Almal is die ATKV se projek wat ten doel het om Afrikaans as vriendelike taal te bemark deur die aanbied van Afrikaansklasse. Vandag gesels Suzie Matlhola op Kopskuif. Kom luister hoe alles in 1998 begin het, toe sy by die ATKV begin werk het en self wou leer…
6 Jun 37 min

Kopskuif - 30 Mei 2026

"As jy nie weet watter kant toe nie, kies anderkant toe. Bly net aan die beweeg! Dit is nodig om soms af te skakel of selfs vir ’n ruk stil te staan, maar moenie stagneer nie. Dit is die enigste manier om by die anderkant uit te kom!” Só sê…
30 May 41 min

Kopskuif - 23 Mei 2026

As ’n mens aan ’n talentkompetisie dink, dink jy gewoonlik aan jongmense met sterre in hul oë oor ’n loopbaan op die verhoog, maar die Andante Plus 50-talentkompetisie is effens anders. Daar is geen jongmense nie, maar wel volwassenes bo 50 wat graag hul talent ten toon wil stel en…
23 May 39 min