#5  Die Sonskynpad – Episode 5

Loading player...
Terwyl Mila vir Saartjie verf en die toer amptelik afskop, gaan Kobus per ongeluk “live” op die internet en ontdek wat “savage” en “LOL” beteken. Hunter se macho beeld kry ook ʼn knou toe aanhangers hom eerder “cute” en “golden retriever boyfriend” noem. Met ʼn “livestream”-krisis en ego’s wat bots, verloop die eerste dag op die pad allesbehalwe glad. Maar wanneer Hunter se sepiekarakter in ʼn koma geskryf word, rol “Die Sonskynpad” uiteindelik weg, of hulle nou gereed is of nie.
Season 1 / Episode 5 9 Jul Afrikaans South Africa Comedy · Fiction

Other recent episodes

Die Sonskynpad – Episode 37

In die stilte van die nag neem Kobus vir Mila na die teater: ʼn plek vol herinneringe, liefde en dinge wat nooit heeltemal verdwyn nie. Maar wanneer die verlede onverwags begin saampraat, raak die hede skielik broos. Party stories eindig nie, hulle wag net vir die regte oomblik om weer…
Season 1 / Episode 37 10 min

Die Sonskynpad – Episode 36

By Sonskynoord probeer Keith die pad vorentoe vir Jano uitlê vol planne, projekte en beloftes. Hoe meer hy aanbied, hoe meer begin dit voel asof elke keuse reeds gemaak is. Soms lyk die toekoms belowend, totdat jy besef dit was nooit joune nie.
Season 1 / Episode 36 9 min

Die Sonskynpad – Episode 35

Terwyl Sonskynoord skielik meer gasvry begin voel, raak Petronel se vrae al hoe meer spesifiek en haar redes al hoe minder duidelik. Wat soos ʼn toevlug lyk, begin stadig iets anders word. Party plekke gee vir jou alles en maak dit moeilik om weer weg te gaan.
Season 1 / Episode 35 11 min

Die Sonskynpad – Episode 34

By Sonskynoord dwing ʼn toevallige ontmoeting Kobus en Annabel om weer voor mekaar te staan. Terwyl ou vrae begin antwoorde kry, bly ander dinge gevaarlik ongesê. Party verledes is nie verby nie. Hulle wag net dat jy weer daarin instap.
Season 1 / Episode 34 11 min

Die Sonskynpad – Episode 33

By Sonskynoord begin die span die werklikheid van hul nuwe omgewing raaksien – verwaarloos, ongemaklik en vol dinge wat nie heeltemal reg voel nie. Terwyl Hunter vlug en Tant Ella inspring, begin Petronel voel hoe die plek stil-stil aan haar vat … asof dit wag dat sy moet opgee. Party…
Season 1 / Episode 33 10 min