
Wêreldrenosterdag vandag gevier
Loading player...
Vandag is Wêreldrenosterdag, wat vanjaar gevier word onder die tema "Keep the Five Alive”. Dit fokus op die beskerming van al vyf oorblywende renosterspesies. Daar is net sowat 27 000 tot 28 000 renosters oor in Afrika en Asië. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Professor Morgan Hauptfleisch, direkteur van navorsing by die Namibiese Natuurstigting. Hy sê dat renosters as sleutel- en sambreel-spesies dien en dat hul teenwoordigheid noodsaaklik is om hele natuurlike habitatte gesond en gebalanseerd te hou.

