
Sandra Prinsloo oor eredoktorsgraad, die uitvoerende kunste en die bewaring van alle vorme van Afrikaans
Loading player...
Die Noordwes Universiteit se Skool vir Kreatiewe Bedrywe en Uitvoerende Kunste, vereer die veteraan-aktrise Sandra Prinsloo Dinsdag 29 September, met 'n eredoktorsgraad vir haar jarelange bydrae tot die vermaaklikhiedsbedryf, en haar vermoeë om die norm met haar werk uit te daag. Sy het aan Marlinée Fouché gesê die uitvoerende kunste het die vermoë om die samelewing se grense te verskuif, en dat sy nog lank nie klaar is met die bedryf nie.

