
Ecoskoops - 10 November 2026
Loading player...
Vandag op Ecoskoops gesels ons met die inwonende verteenwoordiger van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) in Rwanda, dr. Fatmata Lovetta Sesay. Die UNDP is die amptelike gasheer van die Carbon Markets Africa Summit (CMAS), wat onlangs in Kigali plaasgevind het. Sy vertel ons meer oor hul missie en die rol wat Afrika speel in die vorming van die volgende fase van koolstofmarkte.

