
Jong Namibiër Van Die Week - Kobus Reyneke
Loading player...
Van kartingbane in Namibië en Suid-Afrika tot deelname aan die gesogte Toyota GR86 Cup – Windhoek se eie Kobus Reyneke maak reeds sy merk in die wêreld van motorsport. Bea van Nova't Sê Die Jeug het met dié belowende jong renjaer gesels oor sy loopbaan, drome en planne vir die toekoms. En hy het ook 'n opwindende aankondiging om te maak! Luister gerus na dié interessante gesprek.

