Gauteng-aanlynaansoeke open dan: ‘Afrikaanse ouers moet gou spring’

Loading player...
Die aanlynaansoeke vir 2019 se gr.1 en 8-leerders in skole in Gauteng sal amptelik op Maandag 16 April om 08:00 open. Melanie Buys, ʼn onderwysspesialis by Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum, het met Esté Meyer Jansen gesels oor hoekom ouers wat hulle kinders in 'n Afrikaanse skool wil plaas moet gou spring om hulle kinders te registreer. Sy het ook verduidelik hoe om die Gautengse aanlynregistrasieproses te hanteer.
12 Apr 2018 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

SkoolSlim | Kan KI onderwysers vervang?

Kan KI kinders help om beter te dink, of dink dit namens hulle? Valentyn van der Merwe van die SOS gesels met dr. Leandie Bräsler oor KI se plek in die klaskamer, die nuwe Leerderbot en waarom onderwysers in die KI-era belangriker as ooit tevore kan word.
26 Oct 13 min

SkoolSlim | Is jou kind gereed vir graad 1?

Skoolgereedheid gaan oor veel meer as letters en syfers. Dr. Melodie de Jager, stigter van die Mind Moves Instituut, gesels met dr. Leandie Bräsler van die SOS oor waarom speel, beweging en alledaagse gesinsaktiwiteite die grondslag vir leer lê. Ontdek hoe jy jou kind kan help om skoolgereed te word,…
26 Oct 21 min