Watson ‘laat komplekse nalatenskap agter’

Loading player...
Gavin Watson was ’n gekompliseerde karakter en met sy dood laat hy ’n ingewikkelde nalatenskap agter. Dít is die mening van James-Brent Styan, medeskrywer van die boek 'The Bosasa Billions' wat dié dienstemaatskappy se betrokkenheid by ’n netwerk van staatskaping ondersoek het. Styan het met Esté Meyer Jansen gesels oor die skryf van die boek en die aspekte van Bosasa se betrokkenheid by staatskaping wat vir hom uitgestaan het.
27 Aug 2019 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

SkoolSlim | Kan KI onderwysers vervang?

Kan KI kinders help om beter te dink, of dink dit namens hulle? Valentyn van der Merwe van die SOS gesels met dr. Leandie Bräsler oor KI se plek in die klaskamer, die nuwe Leerderbot en waarom onderwysers in die KI-era belangriker as ooit tevore kan word.
26 Oct 13 min

SkoolSlim | Is jou kind gereed vir graad 1?

Skoolgereedheid gaan oor veel meer as letters en syfers. Dr. Melodie de Jager, stigter van die Mind Moves Instituut, gesels met dr. Leandie Bräsler van die SOS oor waarom speel, beweging en alledaagse gesinsaktiwiteite die grondslag vir leer lê. Ontdek hoe jy jou kind kan help om skoolgereed te word,…
26 Oct 21 min