Ja vir die kommapunt

Loading player...
In die leestekenhoofstuk van die AWS word daar vir die gebruik van die komma altesaam vytien reëls gegee; vir die gebruik van die kommapunt, net twee. Tog is baie skrywers oor die korrekte gebruik van die kommapunt onseker. Oor dié leesteken handel ’n hele nuwe boek: Semicolon: The Past, Present, and Future of a Misunderstood Mark, deur Celia Watson. Jana Luther lees die e-boekweergawe, in Junie 2019 uitgegee deur 4th Estate, Londen.
9 Oct 2019 Afrikaans South Africa Language Learning · Education

Other recent episodes

Idiome skets prentjies

Wat is ’n idioom? Wie skep idiome? Hierdie insetsel is geskep in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en in die jeugprogram Kompas op RSG uitgesaai in aanloop tot POORT 2025, 'n kompetisie wat daarop gemik is om skeppende talent onder hoërskoolleerders te ontdek en aan te…
23 Jan 4 min

Hoe gemaak met die invloed van Engels op Afrikaans?

Op watter maniere word Afrikaans deur Engels beïnvloed? Wat staan die teksredakteur in dié verband te doen? Behoort die terme “anglisisme" en “anglisisties” vandag steeds gebruik te word? Waar en wanneer het die invloed van Engels op Afrikaans begin? In watter mate kan van jong Afrikaansgebruikers verwag word om steeds…
16 Jan 2021 41 min

Bontskapies, beeruile, bloutjies en bruintjies

Bontskapies, beeruile, bloutjies en bruintjies (Jana Luther). Dat die eerste aankomelinge uit Europa in hulle vroeë dae aan die Kaap baie van Suid-Afrika se inheemse soogdiere nog nooit gesien het nie; dit is algemeen bekend. Ook dat baie van dié diere na diere elders genoem is. Maar hoe het dit…
25 Oct 2019 12 min

Wat behels die werk van ’n teksredakteur?

Die teksredakteur (Jana Luther). Wat is die doel van redigering? En wat is die rol en verantwoordelikhede van die teksredakteur ten opsigte van ander rolspelers in die publikasieproses?
26 Oct 2019 20 min