Tussen Sterre se 'Die lappop’ spog met ’n nuwe leerbaadjie

Loading player...
Afrikaanse kinders het geslagte lank met die kinderliedjie “Die lappop” grootgeword en nou, te danke aan die groep Tussen Sterre, het dié liedjie ʼn nuwe baadjie gekry in ʼn verwerkte weergawe wat pas uitgereik is. Tussen Sterre het in Maroela Media se ateljee ʼn draai gemaak. Die manne het gesels oor hulle weergawe van “Die lappop” en die musiekvideo wat hulle daarvoor verfilm het.
6 Mar 2020 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

SkoolSlim | Kan KI onderwysers vervang?

Kan KI kinders help om beter te dink, of dink dit namens hulle? Valentyn van der Merwe van die SOS gesels met dr. Leandie Bräsler oor KI se plek in die klaskamer, die nuwe Leerderbot en waarom onderwysers in die KI-era belangriker as ooit tevore kan word.
26 Oct 13 min

SkoolSlim | Is jou kind gereed vir graad 1?

Skoolgereedheid gaan oor veel meer as letters en syfers. Dr. Melodie de Jager, stigter van die Mind Moves Instituut, gesels met dr. Leandie Bräsler van die SOS oor waarom speel, beweging en alledaagse gesinsaktiwiteite die grondslag vir leer lê. Ontdek hoe jy jou kind kan help om skoolgereed te word,…
26 Oct 21 min