Wolkskool op radio: Lees is lekker

Loading player...
Jana Terblanche, die hoof van GeRAT, die Afrikaans-vakvereniging van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), gesels in die jongste aflewering van hierdie gesprekreeks oor lees as ʼn vaardigheid.

GeRAT glo dit is uiters noodsaaklik vir elke kind om hulle leesvaardighede op te skerp, daarom bied die vakvereniging Woensdag en Donderdag twee gratis leeswebinare aan waar hulle oor die belangrikheid van lees gaan praat.
2 Jun 2020 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

SkoolSlim | Kan KI onderwysers vervang?

Kan KI kinders help om beter te dink, of dink dit namens hulle? Valentyn van der Merwe van die SOS gesels met dr. Leandie Bräsler oor KI se plek in die klaskamer, die nuwe Leerderbot en waarom onderwysers in die KI-era belangriker as ooit tevore kan word.
26 Oct 13 min

SkoolSlim | Is jou kind gereed vir graad 1?

Skoolgereedheid gaan oor veel meer as letters en syfers. Dr. Melodie de Jager, stigter van die Mind Moves Instituut, gesels met dr. Leandie Bräsler van die SOS oor waarom speel, beweging en alledaagse gesinsaktiwiteite die grondslag vir leer lê. Ontdek hoe jy jou kind kan help om skoolgereed te word,…
26 Oct 21 min