Plaaslike sakekamer voorspel ekonomie sal herstel – op die langtermyn

Loading player...
Plaaslike toeriste-operateurs is van die veerkragtigste wat sy ken.
Daarom voorspel Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer dat die plaaslike ekonomie weer sal herstel.
Dit is egter op die lange duur, en sal nie binne enkele maande gebeur nie.
Amper alle sektore mag vanaf middernag heropen, ingevolge vlak twee regulasies.
Daar is egter kommer dat die inperking reeds te veel ondernemings se doppies geklink het.
Grimbeek dink egter almal sal mettertyd weer op dreef kom, tensy hulle al voor inperking probleme gehad het.
17 Aug 2020 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min